Hoër Meisieskool La Rochelle 1ste netbalspan spog met puik prestasie
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoër Meisieskool La Rochelle se 1ste netbalspan met jul uitstekende prestasie by die DStv Nasionale Kampioenskap! Die span het algeheel derde geëindig in die Botho-afdeling en op indrukwekkende wyse met van die top spanne in die land afgereken. La Rochelle is ongelooflik trots op julle!
Hierdie prestasie is ‘n bewys van die uiters hoë standaard van netbal by La Rochelle. Ons is ook trots om te deel dat twee van verlede jaar se matriekleerders ingesluit is in die SPAR Baba Protea-span wat binnekort aan die Wêreld Jeugbeker in Gibraltar gaan deelneem.
Ons bedank elke speler, afrigter, ouer en ondersteuner vir julle harde werk en onwrikbare toewyding.










