Hoërskool Volksrust landloopatlete kwalifiseer vir die SA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Wat ‘n dag vir Volkies! Philani Thwala behaal ’n 2de plek in Mpumalanga en Saphira van Aswegen neem die 3de plek – albei kwalifiseer vir die SA Kampioenskappe! Hulle sal Mpumalanga verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Witrivier op 3 en 4 Oktober 2025. Baie geluk aan hierdie twee ongelooflike atlete – julle harde werk en deursettingsvermoë wys werklik. VHS is trots op julle!
Baie geluk ook aan me. Ané Hamman wat verkies is tot SA Landloop organiseerder.












