Leerder van Primêre Skool Naudeville harloop die pad na die Interprovinsiale Eer
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Ronah Mpofu leerder van Primêre Skool Naudeville , o.11-atleet, met haar insluiting in die Top 20 Interprovinsiale Landloopspan wat op 27 Junie 2026 in Bethlehem gaan deelneem. Hierdie besondere prestasie is die resultaat van haar harde werk, deursettingsvermoë en toewyding aan die sport.
Om op hierdie vlak gekies te word, is ‘n groot eer en getuig van haar talent en vasberadenheid. Ons is ongelooflik trots op Ronah se prestasie en wens haar alle sterkte toe vir die komende byeenkoms. Mag dit ‘n onvergeetlike ervaring en groot sukses wees. Baie geluk, Ronah!










