HS Ermelo leerders gekies vir landloop Mpumalanga-span
ADVERTISEMENT
Tydens die Mpumalanga landloop-kampioenskap het die Errie-atlete goeie uitslae behaal:
- Esmari Kloppers eindig vierde in dogters o.15
- Bongmusa Vilakazi eindig derde in Seuns o.17.
Ook is daar drie Erries gekies vir die Mpumalangaspan:
- Esmari Kloppers
- Bongmusa Vilakazi
- Prince Nkosi.
Hierdie alete gaan op 17 September aan die ASA landloop-kampioenskap deelneem te Rustenburg.
Baie geluk aan die drie atlete en baie sterkte met die kampioenskap wat voorlê. EHS is trots op elkeen en vertrou dit sal goed gaan.

V.l.n.r.: Esmari Kloppers, Prince Nkosi en Bongmusa Vilakazi.









