Laerskool Bakenkop Veeldoelige Sintetiese Baan Opening
ADVERTISEMENT
Veeldoelige Sintetiese Baan Opening – 26 Augustus 2025. Laerskool Bakenkop se voorsitter van die Beheerliggaam, Mnr. Johan Schoeman, en ondervoorsitter, Dr. Hein Delport, het die nuwe baan amptelik geopen. Hierdie mylpaal sou nooit moontlik gewees het sonder die getroue ouers wat hulle skoolfonds betaal nie. Dankie dat julle die waarde daarvan raaksien – dit is ’n belegging in elke kind se toekoms. Ons glo dat hierdie baan die beginpunt is van nog vele hoogtepunte wat hier bereik gaan word. Die Beheerliggaam van 2025 sal onthou word vir hierdie eerste trotse mylpaal op ons terrein



















