Hoërskool Bellville se gholfspan skitter in WP-Skoleliga en interskole
ADVERTISEMENT
Hoërskool Bellville se gholfspan skitter in WP-Skoleliga en interskole! Die span het goud gewen in die finale rondte van die WP-Skoleliga en was onoorwonne in hul liga. Die manne het ook vir ‘n reuse opskudding gedurende interskole gesorg toe hulle vir DF Malan met 4 punte (55-51) gewen het. Dit was die eerste interskole-oorwinning in jare. Baie geluk!
Vlnr: Cobus Theron (hoof van gholf); Francois Bezuidenhout; Ruhan Carstens; Hanre le Roux; Henre Nortjé; Cian de Kock.










