Laerskool Cradock Gholfdag 2025
ADVERTISEMENT
Laerskool Cradock het die André Pretorius gholfdag aangebied. Dit was weereens ‘n groot sukses. ‘n Vol veld van 100 spelers het deelgeneem en op die einde van die dag het daar baie goeie tellings ingekom. Deel van die suksesvolle dag het NG gemeente Cradock-Noord hulle bazaar ook saam gehou en die atmosfeer was ongelooflik. Kinders het gespeel en daar was die lekkerste eetgoed te koop. Anton Schonken het selfs ‘n lugvertoning gehou en die gaste vermaak met ‘n paar draaie en laag-vlieg aksies.
Laerskool Cradock wil graag elke borg, van Cradock tot in Gauteng, wat betrokke was op die dag opreg bedank vir julle ondersteuning. Sonder julle sou dié suksesvolle dag nie kon plaasvind nie. Dankie ook aan NG Cradock-Noord wat die dag saam ons gedeel het.















