Hoërskool Volksrust bied weer n putt-perfek gholfdag aan
ADVERTISEMENT
27 September was weer ’n putt-perfekte dag vol lag, sonbrand en baie verdwaalde balle! ’n Groot dankie aan al Hoërskool Volksrust se spelers wat jaar ná jaar hierdie dag so spesiaal maak. Julle beteken werklik baie vir ons. Die baan was stampvol en die gees nog voller! Ons “Mission Impossible”-speletjie het vir hope pret en vermaak gesorg – spelers moes eers ’n kaart trek voor hulle kon afslaan en toe het die chaos begin! Van vreemde swaaie tot spelers wat balle moes ontduik, was daar lag in oorvloed. Een entoesiastiese swaai het selfs iemand op die arm getref… maar moenie bekommer nie, daar was meer gelag as gehuil. Gelukkig is dit net ego’s wat seergekry het. ’n Groot shoutout aan ons borge. Sonder julle sou ons dag soos ’n bunker sonder sand gewees het. En natuurlik, ’n spesiale dankie aan ons watergate, AFRGI en FG electrical and plumbing Ditjies & Datjies en Signworks – julle hou die dors ver weg en die gees hoog! Tot volgende jaar – hou daai swaai los en die lag hard!













