Hoër Volkskool Potchefstroom Astro Opening
ADVERTISEMENT
Hoër Volkskool Potchefstroom Astro Opening. Die dag het uiteindelik aangebreek vir Volkies om saam die Volkie familie ‘n groot droom te kon vier met die amptelike opening van ons nuwe astro-hokkiebaan.
Dit was ‘n geleentheid van feesviering, blydskap en baie emosies met leerders, personeel, ouers en oud-volkies wat almal gedeel het in die geleentheid. Jaryd Hammond, hokkie direkteur en meneer Gerhard Swart het die baan amptelik ge-open waarna verskeie wedstryde met huidige en oud-leerders op die baan plaasgevind het. Dit was ook ‘n geleentheid om huldeblyk te bring aan Juffrou Marisca Badenhorst vir die sleutel rol wat sy gespeel het om hierdie droom ‘n realiteit te maak en Volkies sal vir altyd haar leuse van “Choose Joy” laat voortleef. Dankie aan die Trompie Groep, Volkie Vonk en elke ouer, onderwyser en leerder wat gehelp het om hierdie droom ‘n realiteit te maak. Ons sien uit om te sien hoe Volkies se Hokkie van krag tot krag gaan met nog vele groot oomblikke wat op hierdie fasiliteit gevier gaan word.
















