Hoër Volkskool Potchefstroom Krieket kyk terug na ‘n suksesvolle seisoen
ADVERTISEMENT
Hoër Volkskool Potchefstroom is bevoorreg om te kan terug kyk na ‘n baie suksesvolle en geseënde seisoen op die krieket veld. Ons eerste span is vir die 6de agtereenvolgende jaar as Noordwes kampioene gekroon en het ook gesorg vir verskeie hoogtepunte by groot toernooi soos die Noord-Suid en Diamantveld krieket-fees. Volkies is ook baie trots op ons ander krieketspanne met 5 van ons 7 spanne wat ook as Noordwes Wenners gekroon is. Die spanne sluit in:
- Volkies o.14A span
- Volkies o.15B span
- Volkies 2de span
- Volkies senior dogters krieket span (Noordwes B-Liga wenners)
Baie geluk aan al ons afrigters en spelers met julle harde werk deur die seisoen. Julle hou volkies se naam hoog!




















