Hoërskool Rob Ferreira en Laerkool Witrivier maak geskiedenis
ADVERTISEMENT
Hoërskool Rob Ferreira en Laerkool Witrivier maak geskiedenis. Na ‘n lang gewag het die dag uiteindelik aangebreek. Rob Ferreira en Witrivier Laerskool het handegevat om ‘n astro te bou. Die grondwerke het begin op 19 Oktober 2022. Die Astro word gebou op Rob Ferreira se gronde en vervang dus die B-Rugbyveld. Saam hoop die skole om die gemeenskap se hokkie oop te lig en voorentoe te neem.
Albei skole sal kan baat by die astro met die hoërskool se seisoen in termyn 2 en die laerskool se seisoen in kwartaal 3. Mnr R. Cooper van Laerskool Witrivier sê dat hy uitsien na dat die 2de hokkie toernooi in 2023 op die astro aagebied sal kan word. Mnr Jaco Bekker hoof van die beheerliggaam van Rob Ferreira het die voorreg gehad om die eerste gras te lig. Mnr Dawie Oberholzer (hoof van Rob) en Mnr Rian Cooper (hoof van Witrivier) is dankbbaar vir almal wat bydrae gelewer het om die projek van die been af te bring.










