Laer Volkskool swemmers presteer
ADVERTISEMENT
Die SA ranglys vir swemmers is hierdie week bekendgestel. Laer Volkskool is baie opgewonde om te verneem dat Zenicke van Schalkwyk een van Suid-Afrika se topswemmers is. Sy het in vier items onder die top 10 van SA gekwalifiseer in haar ouderdomsgroep. Sy is 6de in die land met 200m rugslag en 7de met 200m wisselslag. Zenicke se 50m rugslag is 9de en sy het nog ‘n 9de plek met 100m rugslag. Haar ander items is onderskeidelik 12de, 13de, 30ste en 44ste op die ranglys. Dit is ‘n prestasie waarop Volkskool voorwaar trots is.
Zenicke van Schalkwyk
Zenicke van Schalkwyk










