Bethlehem Voortrekker vakansie swemnuus
ADVERTISEMENT
Die 2de Biathlè-liga het Vrydag, 26 November 2021, te Bethlehem Voortrekker Hoërskool plaasgevind. Die volgende leerlinge het aan dié liga deelgeneem:
- Keano Fourie,
- Èbet Bester,
- Zelia Lessing en
- Jaden Maritz (Tuisonderrig).
Keano Fourie, Kiana Engelbrecht
Die 3de liga het Vrydag, 3 Desember 2021, plaasgevind. Die volgende leerders het deelgeneem:
- Zelia Lessing: 15:34
- Èbet Bester 18:53
- Keanu Fourie 16:46
- Jaden Martiz ( home school) 13:47.
Voor vlnr: Ebet Bester, Carmi Dowling Agter vlnr: Cherna Fouché, Kennith Outram
Tydens die Splash Festival wat by die Knysna-meer plaasgevind het in Desember, het Ébet Bester 3 km geswem in ‘n tyd van 57:01:20. Cherná Fouché het weer tydens die Free State Championship deelgeneem aan 200 m vryslag (2:50,56) en 400 m vryslag (6:06,51). Die afgelope naweek het swemmers wat ook lede is van die Bethseals Swemklub deelgeneem aan oopwaterswem te Baynesfielddam.
- Kennith Outram swem 3 km in 58:00:56 en
- Carmi Dowling swem 3 km in 1:06:32.
Kiana Engelbrecht, swemmer van Frostbite Aquatics, in Bethlehem, het die naweek van7 Januarie 2022 aan die Bennie Mile, 3 km, in Germiston deelgeneem met ‘n skitterende tyd van 49,45 minute en eindig algeheel 6 de in die vroue kategorie. Hiermee kwalifiseer sy vir die SA Nasionale Ope water swemkompetisie wat in Maart plaasvind. Kennith Outram het die op 23 Januarie 2022 aan die Dolphin mile in Durban deelgeneem en hierdie 1.6 km, in die see, in 27:16 sekondes voltooi.










