Hoërskool Swellendam swemseisoen kom tot ‘n einde
ADVERTISEMENT
Met die swemseisoen wat einde se kant toe staan, het Hoërskool Swellendam voluit gegaan om die seisoen sterk af te sluit. Stefan Pienaar, asook die susters Madelein en Simoné Bronkhorst, het op 28 Februarie aan die Overberg Aquatics Swemgala in Hermanus deelgeneem. Al drie swemmers het uitstekend gevaar en ’n groot aantal punte ingesamel, ondanks die kleiner span. Hierdie Swellie-swemmers hou aan om Hoérskool Swellendam se naam hoog te hou.










