Laerskool Roodekrans leerders druk hul stempel af by die SA Stoeikampioenskappe
ADVERTISEMENT
Laerskool Roodekrans Roodie-Stoeiers het hul stempel af gedruk by die SA Jeug Stoei Kampioenskappe! Hulle het met passie en moed gestoei en vertoon ware deursettingsvermoë. Ons is trots op elke atleet se prestasies en toewyding. Hul deelname het nie net vaardighede getoon nie, maar ook die gees van ware kompetisie en kameraadskap.

Roodie-stoeiers: Pieter van Rensburg, Juanro Nel, Gideon van Rensburg, Reinhardt Roos (Afwesig in die foto), JJ Potgieter, Talia Nolte, Christiaan Nolte, Conrad Smith.









