Hoërskool Volksrust se Gr. 8’s word ingehuldig tot die Volkie familie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust se nuwe graad 8 leerders word as volwaardige Volkies ingehuldig tydens ʼn tradisies vaste seremonie in die skoolsaal, wat deur talle ouers bygewoon is.

Elkeen het hulle baadjies ontvang vanaf een van die Uitvoerende Komitee lede in simbool dat Volkies mekaar ondersteun. Elke graad 8 het ook die roofkode onderteken in die teenwoordigheid van die ouers en die res van die graad 8’s waarin hul hulself verbind om ons skool met eer te verteenwoordig op alle gebiede.

Volkies glo dat elk van die graad 8 leerders sal help uitbou aan die skool se positiewe impak in ons gemeenskap.










