HS Garsfontein oorheers Noord-Gauteng Skyfskietspan
ADVERTISEMENT
Nie minder as 20 van Garsies se skuts is in die Noord-Gauteng skyfskietspan vir die Suid-Afrikaanse-kampioenskap wat in Oktober plaasvind ingelsuit nie.
Die streekspan bestaan uit 46 skuts. Boonop het Carmie Griesel onlangs ‘n goue medalje in Engeland tydens die BJI-kompetisie in Bisley verower met ‘n persoonlike beste van 359 uit 400 punte. Sy het ook ‘n brons medalje tydens die kompetisie losgeskiet.
Carmie Griesel, Rudolf Brits en Johanrie Griesel het ook vroeër vanjaar aan die SANSSU-ope in Bloemfontein deelgeneem.
Die leerlinge wat Noord-Gauteng sal verteenwoordig is:
- Abner Blanche
- Ethan Cullumbine
- Anke van der Merwe
- Wynand Claassen
- Mick Lake
- Jonathan Blanche
- Jean-Mari du Preez
- Rudolf Brits
- Dyllan Jansen van Rensburg
- Tinell Krauss
- Taylor Sampers
- Kayleigh Nabel
- Ryan Myburgh
- Danelle van Zyl
- Kayla de Beer
- Mickayla van der Merwe
- Daphne Kriel
- Carmie Griesel
- Johan Steyn
- Johanrie Griesel
Die Garsies wat Noord-Gauteng op die nasionale kampioenskap sal verteenwoordig, voor van links: Johanrie Griesel, Taylor Spamers, Kayla de Beer, Danelle van Zyl, Mickayla van der Merwe, Carmie Griesel, Johan Steyn (pistoolskiet), Jean-Mari du Preez, Anke van der Merwe (kaptein van dogterspan), Ryan Myburgh, Rudolf Brits (pistoolskiet), Kayleigh Nabal en Mick Lake. Agter, van links: Suzan Blanche (spanbestuurder), Tinell Krauss, Abner Blanche, Jonathan Blanche (kaptein van seunsspan), Daphne Kriel, Dyllan Jansen van Rensburg, Wynand Claassen en Minette Griesel (afrigter en spanbestuurder)










