HS Ferdinand Postma se hokkie skitter vir die vyfde jaar in ‘n ry
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ferdinand Postma se hokkie het vanjaar weereens uitsonderlik gevaar, en beide die eerstespan seuns én dogters stap vir die vyfde jaar in ‘n ry weg as die Bayer Ligawenners. Sedert die bestaan van hierdie Liga, bring Ferdies nog elke jaar die beker huis toe. Baie geluk aan al die spelers en afrigters. Julle harde werk en uithouvermoë word raakgesien en waardeer. Mag volgende jaar se seisoen net so puik verloop! Baie geluk aan die o.15 dogterspan wat vanjaar ook as Bayer Liganaaswenners geïndig het. Ons is trots op julle elkeen.
Agter v.l.n.r.: Elodie van der Merwe, Skyla Schroll, Monique Terblanche, Sophie Leckel, Megan Muller, Esmiralda Lemmer, Bianca Janeke, Mieke Schutte. Voor v.l.n.r.: Lucy Menzi, Jordan Dineen, Aninka Muller.
Op grond v.l.n.r.: Zelda Moeng en Monique Rush (Afrigter), Anneska van der Merwe was siek daardie dag wat foto geneem het.
![]()
Agter v.l.n.r.: Willem Hartzenberg, Katlego Motsele, Dyolan Govender, Seobi Tshebetso, Isak Hitge, JD Aucamp (afrigter), Janko Steenkamp, Naude Schoeman, Hanre Moolman, Karabo Serongoane.
Voor v.l.n.r.: Taahir Mahomed, Herman Opperman, Reokopile Lentsoe, Teboho Panyane.










