Hokkie uitslae vir Hoërskool Framesby
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby hokkiespeler Alouise Vosloo het vanaf 6 tot 9 Julie die OP se 0.18B-span tydens die Interprovinsiale Hokkie-toernooi (IPT) verteenwoordig wat by Paarl Gimnasium in die Paarl aangebied is. Die span het vyf spanningsvolle wedstryde gespeel en indrukwekkende oorwinnings behaal teen Border Inland (3-0) en Noord-Kaap (7-0). Hulle het dapper teenstand gebied teen sterk spanne soos Boland (1-2), Wes-Kaap Suid (0-2) en Wes-Kaap Noord (1-3). Onder die bekwame leiding van afrigters Jordan Drury en Kaylin Fourie, het die span puik gevaar en die toernooi in ’n vierde plek afgesluit. Therese Otto het die Oos-Kaap se o.16B-span tydens dieselfde toernooi by Paarl Gimnasium verteenwoordig. Die span het uitstekend gevaar en was onoorwonne in hul eerste vier wedstryde. In ’n spanningsvolle uitspeelwedstryd in hul vyfde en laaste wedstryd is hulle egter in ’n strafdoel-skietkompetisie uitgeskakel. Hulle het uiteindelik sesde algeheel geëindig – ’n prestasie waarop hulle trots kan wees.













