Hoërskool Zwartkop is deel van die Blou Bulle IPT wenspan
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop is deel van die Blou Bulle IPT wenspan: Op 23 – 28 September het die Hoërskool Zwartkop rugbyseuns die Blue Bulls Youth Rugby Association se onderskeie spanne by die Inter Provinsiale Toernooi in Durban verteenwoordig.
Die Zwarrie 1ste span spelers, Adriaan Jansen van Vuuren (graad 12) en Logan Knott (graad 11), se span klop die Valke in die finaal en word vir die eerste keer in 8 jaar as die wenners van die o.18 toernooi aangewys. Die o.14 Zwarrie rugbyseuns Christopher Dobson, Wilhelm du Toit en Dylan du Preez is deel van die span wat die Leeus in die finaal klop en die IPT o.14 kampioene van 2024 is. Chris Engelbrecht, ‘n buiteafrigter by Hoërskool Zwartkop, het die IPT o.14 wenspan afgerig.Baie geluk aan hierdie Zwarries!












