Hoërskool Zwartkop atleet het aan die Afrika Jeugspele deelgeneem
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop atleet Minke Dekker het aan die Afrika Jeugspele in Luanda, Angola, in die 3000m vir meisies deelgeneem.
Sy was deel van ‘n sterk Suid-Afrikaanse atletiekspan en het teen van die beste jong middelafstand-atlete op die kontinent meegeding.
Minke het in ‘n merkwaardige 5de plek klaargemaak in ‘n blitsige tyd van 9:58.41.










