Hoërskool Witteberg hengelaars vang medaljes aan die Nasionale SA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Witteberg se hengelaars het uitstekend gevaar aan die nasionale kompetisie. Hulle uitslae was soos volg:Hannïka Heymans het deelgeneem aan die Nasionale SA Kampioenskappe by Bloemhof van 9 tot 11 Desember 2024. Haar span het silwer gewen tydens die kampioenskappe, en sy is uitgenooi na die SA Proewe, wat op 13 en 14 Desember 2024 plaasgevind het. Baie geluk!

Adriaan Kleynhans het van 9 tot 11 Desember aan die SA Nasionale Kampioenskappe in Bloemhof deelgeneem. Sy span het tydens die kampioenskappe ‘n goue medalje verower. Hy is ook uitgenooi om aan die SA Proewe deel te neem, wat op 13 en 14 Desember, ook in Bloemhof, plaasgevind het.










