Hoërskool Noordheuwel hengelaars skitter
ADVERTISEMENT
Hoërskool Noordheuwel is ongelooflik trots op ons A-span (seuns) wat uit 20 spanne as algehele wenners gekroon is! ‘n Puik prestasie wat ware deursettingsvermoë en spanwerk wys!
Ons A-span (dogters) het ook hul staal gewys en ’n uitstekende 2de plek behaal!
Geluk aan:
- Owen Bezuidenhout – algeheel 3de van alle hengelaars op die dag!
- Andriette Henop – algeheel 4de van alle jong dames!
Noordheuwel is beslis ’n krag om mee rekening te hou aan die waterkant!











