Hoërskool Waterkloof tennisspelers lewer uitstekende spel
ADVERTISEMENT
Hoërskool Waterkloof leerders Hendrik du Preez, Connor Brown en Ludwig Pohl het teen mekaar meegeding in die 0. 16 seuns dubbelspel finaal (goue groep). Die Gauteng-Oos toernooi het tydens die vakansie in Benoni plaasgevind. Ludwig Pohl en sy dubbelspelmaat het koning gekraai as wenners van die toernooi.
Ludwig Pohl (regs) en sy dubbelspelmaat het deelgeneem aan die Noord Winter Ope. Hulle het tydens die toernooi ook in die o. 16 dubbelspel (goue afdeling) finaal gespeel en ‘n silver medalje ontvang. Baie geluk aan ons tennis manne met hulle puik prestasies. Kloof is trots op julle!









