Hoërskool DF Malan se toptennisleerders op pad na Joe Everleigh toernooi
ADVERTISEMENT
Hoërskool DF Malan is vanjaar na die Joe Everleigh-tennistoernooi genooi. Die toernooi vind by die Kenridge-tennisbane, 8-10 April 2022, plaas. DF Malan se toptennisleerders wat aan hierdie toernooi gaan deelneem, is: Wihan Bester, Lucas Pentz, Maria van Niekerk en Francé Esterhuyse. Emma Snyman, Gustav Lombard en Simon van Eeden is die reserwes vir die toernooi. Ons wens hulle voorspoed toe vir hierdie toernooi.










