Mini-Tennis Pretdag by Laerskool Gansbaai
ADVERTISEMENT
Mini-Tennis Pretdag by Laerskool Gansbaai!Op Vrydag, 7 November, het die Gansies ’n heerlike dag van Mini-Tennis saam met Laerskool Bredasdorp, Rûens Kollege en Curro Hermanus gehad. Ten spyte van die sterk winde buite, kon die verrigtinge in die skoolsaal plaasvind, tot groot pret en vermaak van almal teenwoordig.
’n Groot dankie aan elke speler, afrigter en ouer wat hierdie spesiale geleentheid bygewoon en ondersteun het. Ons is ongelooflik trots op ons jong spelers – ons toekomstige sportsterre is beslis besig om opwaarts te gaan – ons sien uit na puik tennis in 2026!






















