Hoërskool Ermelo tennis bedank borg
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo bedank Mindfuel Tutoring wat vir die eerstespan seuns en dogters tennisspanne elk twee stelle klere geborg het.
EHS waardeer die betrokkenheid by die tennis. Die Erries se tennis is trots daarop om vyf seuns- en meisiespanne in te skryf vir die Hoëveld liga. Die liga vind plaas op Donderdag en Vrydag 17 en 18 Augustus in Secunda . Die deelnemende skole is Hoërskool Ermelo, Hoërskool Standerton, Ligbron Akademie vir Tegnologie, Hoërskool Oosterland, Hoërskool Secunda, Hoërskool Hoogenhout, Hoërskool Piet Retief en Curro Secunda. Baie sterkte aan die Erries wat gaan deelneem.

Foto van regs na links: Mia Davel, Wianke Cloete, Mnr Hennie Dippenaar, Me Annemie Martins, Mariska van Biljon en Elizma Swart.

Van regs na links: Bongmusa Vilakazi, Dick Rouillard, Mnr Hennie Dippenaar, Me Annemie Martins, Henning Romijn en Louis Rouillard.









