Hoërskool Volksrust se rugby manne pak die Longest Day Challenge aan
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het Hoërskool Volksrust se rugbyseuns die Longest Day Challenge aangepak, en wat ’n ongelooflike poging was dit nie! Na proewe op Vrydag is ’n groep van 20 seuns uit die o.15-, o.16- en Eerstespan-groepe gekies om op Saterdag, 17 Januarie, aan die uitdaging deel te neem. Die uitdaging het uit drie taai fases bestaan waar die verskillende ouderdomsgroepe teen mekaar meegeding het, en hul fiksheid, spanwerk en deursettingsvermoë deur die dag getoets is.
![]()
Ons is ongelooflik trots om te sê dat elke seun die uitdaging voltooi het – ’n ware bewys van vasberadenheid, toewyding en spansgees. Die dag is op ’n hoë noot afgesluit met ’n welverdiende braai, waar die seuns kon ontspan, saam kuier en hul prestasie vier.
Baie geluk aan al die seuns wat hulself uitgedaag het en die skool met trots verteenwoordig het. Ons sien met opgewondenheid en vertroue uit na die komende seisoen – dit is net die begin!












