Hoërskool Volksrust oud-atleet presteer weer eens
ADVERTISEMENT
Oud-Volkie Rika Rossouw presteer weer eens. Op 2 Julie het me. Rossouw deelgeneem aan die SA twee-kamp standaard in Midmar waar sy die eerste plek in haar ouderdom behaal het. Die twee-kamp het bestaan uit 10 km hardloop, 40 km fietsry en weer 5 km hardloop. Verder meer was Rossouw ook algeheel tweede van al die dames. Volgende jaar gaan sy deelneem internasionaal in Australië en Hoërskool Volksrust se beste wense vergesel haar.










