‘n Goeie begin vir Hoërskool Swellendam se eerstespan krieket
ADVERTISEMENT
Eerste Kolf Van Die Seisoen: Hoërskool Swellendam se krieket eerstespan het hul krieketseisoen afgeskop op Donderdag, die 2de Februarie. Op die dag het hulle ‘n tuiswedstryd teen Hoërskool Charlie Hofmeyr gespeel. Hoërskool Swellendam het die opskiet gewen en toe besluit om eerste veldwerk te doen. Hoërskool Swellendam het uitstekend begin met die bal en het Hoërskool Charlie Hofmeyr onderdruk geplaas om lopies aan te teken. Hoërskool Charlie Hofmeyr was beperk tot ‘n telling van 81 lopies in hul 20 boulbeurte. Die uitblinker met die bal was Ruan Michael wat 4 paaltjies gekry het, vir die verlies van 8 lopies.
Hoërskool Swellendam het ‘n telling 82 lopies benodig om die wedstryd te wen. Hoërskool Swellendam bereik ‘n telling van 82 lopies, met 3 boulbeurte oor in die wedstryd. Die uitblinker met die kolf is óók Ruan Michael wat ‘n totaal van 37 lopies aangeteken het. Hoërskool Swellendam wen die wedstryd met 4 paaltjies!
Die is ‘n goeie begin vir Hoërskool Swellendam se eerstespan krieket. Hoërskool Swellendam se volgende wedstryd is Dinsdag die 7de Februarie teen die ander plaaslike hoërskool: Swellendam Senior Sekondêr. Ons krieketmanne hoop om die uitstekende spel regdeur die seisoen te handhaaf. Ethan Verwey
![]()









