Hoërskool Dirkie Uys sportprestasies
ADVERTISEMENT
SPORT…Van ons Tiere by Hoërskool Dirkie Uys het nie net gerus die afgelope vakansie nie, maar ook hul staal by verskeie
toernooie . Uitslae ontvang.
NETBAL
“All Ages”-toernooi te Boksburg (25-28 Junie)
Zaida Abrahams het die 0.16 Wes-Kaap Cedars verteenwoordig tydens die toernooi. Hul verwerf ‘n silwer medalje.
Interdistrik-toernooi te Riversdal (2-5 Julie)
7 Tiere het die Weskus-span verteenwoordig by hierdie byeenkoms.
Hulle was:
- 0.14 Kay-Lee Mouton en Liebe v Schalkwyk
- 0.15 Anesce du Toit
- 0.16 Milla v Dyk en Luzay Smit
- 0.18 Zia v Dyk en Mariah Heyns
- Die 0.18-span verwerf ‘n silwermedalje tydens die toernooi.
SA Skole kampioenskappe (10-14 Jul)
Alica Bester het die 0.18 Wes-Kaap Willows verteenwoordig by die Telkom Nasionale kampioenskappe. Hulle verwerf ‘n goue medalje tydens die toernooi!
RUGBY
Ons 0.19-span het aan ‘n Internasionale toernooi by Bellville Hoërskool deelgeneem Donderdag 13 Julie en Saterdag 15 Julie. Hulle het 2 wedstryde gespeel en die ervaring baie geniet.
HOKKIE
Johen Pietersen het die Boland 0.16 B-span verteenwoordig tydens die IPT en hul verwerf ‘n brons medalje.
Niame Smit het die Boland 0.16 C-span verteenwoordig tydend die IPT en hul verwerf ‘n silwer medalje























