Hoërskool Volksrust atlete neem deel aan Top-15 Atletiekbyeenkons te Hoogenhout
ADVERTISEMENT
Woensdag 7 Februarie het ons top-15 atlete deelgeneem aan die jaarlikse top-15 byeenkoms wat aangebied word deur Hoërskool Hoogenhout in Bethal. Daar was 25 skole wat deelgeneem het, waarvan die meeste groot-skole is. Dit moet in ag geneem word dat ons ‘n medium-skool is. Dit was ‘n uitermate warm dag, maar dit het nie ons atlete gepooitjie nie. Ons het weggestap met ‘n totaal van 16 medaljes, waarvan 7 goud was. Bongumusa Ngwenya, graad 8, het ‘n hoendervleis vertoning gelewer in die seuns o/14 1500 m toe hy oor die wenstreep gaan en sy teenstanders eers by die 200 m inkom. Baie geluk aan Ntokomalo Thwala wat eerste in beide sy items geëindig het. Ons atlete het hul goed van hul taak gekwyt en het weereens baie goeie gedrag getoon, waarop ons bitterlik trots is. Ons het algeheel 11de geëindig. DIT IS LEKKER OM ‘N VOLKIE TE WEES! Congratulations to every athlete and coach! Hard work pays off.
![]()
Bongumusa Ngwenya
Ntokomalo Thwala










