Laerskool Randhart se topatlete neem aan die top 10-byeenkoms te Tukkies deel
ADVERTISEMENT
Op 8 Februarie het die Laerskool Randhart se topatlete aan die top 10-byeenkoms te Tukkies deelgeneem. Hiermee die fantastiese uitslae. Randhart eindig algeheel 3de.
Randhartdogters (Rooi span) – wen die dag.
Medaljewenners:
- Streicher Fourie: 3de plek (60 m en 80 m)
- Kayla Hopley: 1ste plek – 200 m en 2de plek in die 100 m.
- Lize-Marie van den Berg: 1ste plek in die 800 m met ‘n nuwe rekord.
- Marisa Cloete: 2de plek in die 70 m-hekkies.
- Lisa Pretorius: 2de plek in hoogspring.
- Zandre Delport: 1ste plek in hoogspring.
- Eldoryn Jacobs: 2de plek in hoogspring.
- Lerie Swanepoel: 3de plek in verspring.
- Nian Erasmus: 1ste plek in gewigstoot.
- Liam McGeer: 2de plek in gewigstoot.
- Lanelda Herbst: 1ste plek in gewigstoot.
Die Ranties-bom het behoorlik ontplof van trots!











