Laerskool Kathu blink uit by NK Atletiekkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Laerskool Kathu se puik atlete het op Saterdag 9 Maart 2024 stof in die oë van hul teenstanders geskop by die Noord-Kaap Atletiekkampioenskappe in Kimberley en uitsonderlik presteer. Al 7 atlete van die skool wat deelgeneem het, het plekke behaal. Die prestasies is as volg:
- Ta-Lia Erasmus Dogters o.10 gewigstoot – silwer
- Justine Green Dogters o.10 100 m – brons
- Michelle Nkomo Dogters o.11 70 m hekkies – silwer
- Abigail Coetzer Dogters o.12 spiesgooi – goud en hoogspring – goud
- Kalica Cornelissen Dogters o.12 verspring – goud en 150 m hekkies – silwer
- Angus Hattingh Seuns o. 12 gewigstoot – silwer
- Dylan Roux Seuns o. 12 150 m hekkies – goud en 75 m hekkies silwer
Welgedaan aan elke atleet met hul uitmuntende prestasies. Laerskool Kathu is baie trots op elkeen van julle.

Ta-lia Erasmus

Justine Green

Michelle Nkomo

Abigail Coetzer

Kalica Cornelissen

Angus Hattingh

Dylan Roux









