Primêre Skool Worcester Boland atlete hou skoolnaam hoog
ADVERTISEMENT
Hierdie drie atlete het aan die Boland Atletiek deelgeneem. Lanwerd Alberts (o. 13) behaal ‘n 2de plek in verspring en 1ste plek in hoogspring. Hugo Jacobs (o.9) het ‘n brons medalje ontvang vir 60m en 80m. Melanie Lombaard (o. 11) behaal ‘n 2de plek in gewigstoot. Lanwerd Alberts (o. 13) verwerf ‘n goue medalje vir hoogspring by die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe met die pragtige hoogte van 1,75m en ‘n silwer medalje vir verspring met ‘n afstand van 5,90m. Hy word ook aangewys as die beste veldatleet. (seuns) Hy dring deur na die Suid-Afrikaanse Atletiek Kampioenskappe (24 – 26 Maart) in Polokwane.

Van links na regs: Landwerd Alberts, Hugo Jacobs en Melanie Lombaard
Primêre Skool Worcester o. 13-aflosspan (meisies) het ‘n 3de plek behaal by die Boland Atletiek.

Van links na regs: Anja de Waal, Liché Jeftha, Joshlyn Louw en Anize Schutte









