Hoërskool Upington leerders presteer uitstekend by die Rise to Fame 2026 kompetisie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Upington vier met groot trots die ongelooflike prestasies van ons talentvolle Uppie-leerders by die Rise to Fame 2026 kompetisie in Johannesburg.
Tursha Cloete het uitgestaan met 2 x A+ goue medaljes vir vokale optredes, ’n uitnodiging ontvang vir ’n Broadway Experience en is gekies om by die Rise to Fame Gala Evening op te tree — wat ’n uitsonderlike prestasie!
Nuria Rodriguez Molina het haar merk gemaak in Ballet en Liriese Kontemporêr met A en A+ simbole, asook:
- 1ste en 2de plekke saam met haar groep
- ’n 3de plek vir haar Ballet solo
Die Nastassia Zealand Dansskool, waar Nuria tans afrig en deelneem, het ook geskitter en twee trofeë verower:
- Best Overall Culture Group
- Bringing the Spirit and Vibe
Daarby het die dansskool ’n indrukwekkende 92 goue medaljes ingepalm! Hoërskool Upington wil ook met groot trots noem dat Juf. Nastassia, van Nastassia Zealand Dansskool, ’n juffrou by die skool is — ons is ongelooflik trots om haar deel van die Uppie-familie te hê! Hierdie prestasies is die resultaat van harde werk, toewyding en ’n passie vir die kunste.















