Hoërskool Swellendam se Interskole Geesweek was gereed vir die grootdag
ADVERTISEMENT
Interskole is om die draai en Hoërskool Swellendam se gees is die beste manier om almal gereed te maak vir die groot dag! Leerders het die geesweek afgeskop met ‘n interskole sokkie en ‘n “funky socks”-skooldag op Maandag, 4 Augustus. Al was Dinsdag ‘n doodgewone civviedag, was Woensdag alles behalwe normaal. Dit was “Wacky Hairday” waar leerders met enige haarstyl kon skool toe kom.
Op Donderdag, 7 Augustus, kon Swellies met enige iets behalwe hul formele skoolblazer skool toe kom, maar in die aand moes hul weer hule formele baadjie aantrek vir die jaarlikse Hofontplof! Vrydag was een van die interessantste dae. Die graad 8’s, babas van die skool, moes soos babas aantrek, die graad 9’s soos kleuters, die graad 10’s soos tieners, die graad 11’s soos volwassenes en die graad 12’s soos bejaardes. Al die Swellies sien verskriklik uit na interskole met al die gees wat hulle hierdie week opgeberg het.

(BO: Hoërskool Swellendam se onderwysers kry ‘n bietjie gees gedurende die week se bedrywige aktiwiteite)









