Hoërskool Volksrust Netbal Uitslae
ADVERTISEMENT
Dit was ’n uitdagende dag op die baan, maar Hoërskool Volksrust is trots op elke speler se deursettingsvermoë en spanwerk.
Uitslae:
- o.14 vs Standerton – verloor 22-3
- o.15 vs Ellisras – verloor 14-5
- o.16 vs Standerton – verloor 17-9
- 2des vs Ben Viljoen – verloor 10-4
- 1stes vs Standerton – verloor 29-13
’n Groot hoogtepunt van ons sportjaar was dat ons die PUK 16 semi-finale aangebied het. Dit was ’n groot sukses en ’n fantastiese ervaring vir almal betrokke! Baie sterkte aan al die spanne wat deurdring na die finaal – ons hou duim vas vir julle! Laastens, ’n spesiale dankie aan Africa Tyres vir julle borgskap – julle help dat ons netbalspanne elke keer professioneel en pragtig op die baan lyk.









