Hoërskool Zwartkop muurbalspelers presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Drie van Hoërskool Zwartkop se muurbalspelers is die wenners van die 2026 Growthpoint SA Nasional Regionals wat 11 April te Pretoria plaasgevind het. Baie geluk aan:
- Chanel Leppan wen die dogters o.15 kompetisie.
- Logan Kidson wen die seuns o.17 kompetisie.
- Juan-Corné Brand wen die seuns o.19 kompetisie.












