Hoërskool Swellendam se finansiële bestuurder tree as motiveringspreker op
ADVERTISEMENT
Op 30 Augustus het Hoërskool Swellendam se eie finansiële bestuurder, mev. Anel Olivier, haar kantoor verruil vir die verhoog waar sy by SAOU se Damesleierskap-Kongres in Port Elizabeth as motiveringspreker opgetree het. Hierdie kongres vorm deel van die jaarlikse SAOU Hoofdesimposium en sowat 420 vroue skoolhoofde, departementshoofde en adjunkhoofde van regoor die land het die voorreg gehad om deur haar boodskap, #weesbraaf, gemotiveer te word.
Nie net het sy haar eie storie gedeel nie, maar sy het elkeen herinner dat hulle, hulle eie unieke storie dra en dat elkeen ‘n keuse het tussen “om te bly lê”… of “om braaf te wees”. Ander bekendes soos Minette Dempsey, afrigter van die Gauteng Golden Fireballs, joernalis, Lourensa Eckard, en die hoof van die SAOU, dr. Louis Swanepoel, het die verhoog met haar gedeel. “Dit was ’n groot eer om deel te kon wees van ’n geleentheid wat soveel leiers in ons onderwys- gemeenskap inspireer en bemagtig,” vertel sy. Swellies is trots om haar as deel van die familie te hê!

(BO: Mev. Anel Olivier, ‘n personeellid by HS Swellendam saam met Lourensa Eckard, beroemde joernalis by die SAOU konferensie)









