Hoërskool Swellendam neem aan die Gerrie Berner tennis-toernooi deel
ADVERTISEMENT
Op Donderdag 4 September het 12 Swellies na Moorreesburg vertrek om aan die Gerrie Berner tennis- toernooi deel te neem. Dit was ‘n reuseuitdaging vir Swellies aangesien hulle ‘n baie jong span is en boonop een van die kleinste skole was wat aan die toernooi deelgeneem het. Steeds het die Swellies beslis nie teruggestaan vir die sterk tennisspanne teen wie hulle moes kompeteer nie. Hoërskool Swellendam is trots om 6de te eindig uit 8 baie sterk skole. Die span werk hard om hulself nog meer te verbeter.










