Hoërskool Swartland tennisspelers is hul goud werd
ADVERTISEMENT
Aiden Cupido (o.19), Jani Steyn (o.19) en Christan Cupido (o.15) het van 24-28 Maart aan die Interpro-tennistoernooi te Pretoria deelgeneem. Die o. 19 Boland Kavalierspan het as naaswenners die toernooi afgesluit. Die o. 15 Boland Kavalierspan het die toernooi in hul ouderdomsgroep gewen. Baie geluk aan Aiden en Jani met hul silwer medaljes. Geluk aan Christan met sy goue medalje. Jani Steyn is na afloop van die Interpro-tennistoernooi verkies tot die o. 19 SA-span. Du Preez Erasmus was lid van die o. 15 Boland Kavalierspan by die Synergy Cup in Grahamstad. Sy span het by hierdie toernooi met goud weggstap. Baie geluk, tennisspelers. Hoërskool Swartland is trots op jul prestasies, julle is puik verteenwoordigers van ons skool!














