Die nuwe kwartaal bring nuwe personeel vir Hoërskool Swartland
ADVERTISEMENT
Nie net het Hoërskool Swartland die voorreg om al die leerders en personeel terug te verwelkom na die vakansie nie, maar ons het sommer ook die voorreg om twee nuwe personeellede by die span te verwelkom. Me Marizaan Barnard sluit by die Fisiese Wetenskap departement aan, terwyl mnr Janco Schutte die posisie van sportorganiseerder sal vul. Baie welkom, ons glo julle sal baie gelukkig by die Rockies wees!










