Laerskool Helderkruin tennis trots
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Helderkruin o.11- en o.13-tennisspanne wat vandag in die uitspele meegeding het en silwer medaljes huistoe gebring het! 2de plek in die D12- én D2-liga – wat ‘n ongelooflike prestasie! Julle harde werk, puik spel en uitstekende sportmangees maak ons sommer trots! ‘n Groot dankie aan al ons ouers wat langs die kantlyn staan en die spelers ondersteun en aanmoedig – julle is die beste! By Laerskool Helderkruin glo ons: Harde werk word altyd beloon!











