Hoërskool Swartland leerders leer hoe om te oorleef
ADVERTISEMENT
Elf van Hoërskool Swartland se seuns het van 9 tot 16 Desember deelgeneem aan die 46ste Grosvenor Oorlewingskursus. Hul staptog het begin in Wildernis en gestop in Hartenbos. Die Swartlandleerders wat aan hierdie karakterbouende avontuur deelgeneem het, is: De Wet du Plessis, Irvan Turner, Wian Cotter, JP Truter, Shaun Simon, JP Visser, Anrich Cloete, De Wet Visser en Ruan Lesch, Rhuben Malan en Ruan Zandberg. Ons is baie trots op hierdie seuns en hul deursettingsvermoë.










