`n Suksesvolle week van sport by Paul Roos Gimnasium
ADVERTISEMENT
`n Suksesvolle week van sport by Paul Roos Gimnasium. Krieket: ‘n Hoogtepunt vir PRG-sport oor die afgelope week is PRG se krieketuitslae na afloop van hul wedstryde teen GreyBloem, Paarl Gimnasium, Durbanville en Strand Hoërskool. Paul Roos se o19-, o15- en o14-spanne het aan 21 wedstryde deelgeneem waarvan hulle met ‘n trotse 14 (67%) van die wedstryde skoonskip gemaak het. Trotse oomblikke was toe Paul Roos se o19A-span GreyBloem met 50 boulbeurte en 99 lopies én Paarl Gimnasium met 50 boulbeurte en 7 paaltjies geklop het. Paul Roos se o15A-span het GreyBloem met 1 paaltjie gewen en hul o14A-span met 9 paaltjies.
PRG 019A-krieketspan
Atletiek:Paul Roos atlete het 22 medaljes na afloop van die Boland Atletiek Junior Kampioenskappe huistoe gebring. Zak Hickman (o.18 hamer gooi), Reuben van der Merwe (o18 spiesgooi), Harrison Gibson (o.18 hoogspring) en Mark Lester (o.16 1500m) het almal goue medaljes verower tussen 23 en 25 Februarie by die Dal Josephat Stadium.
Bergfiets:Dertien Paul Roos bergfietsryers het ook aan die WC XCO #2 toernooi deelgeneem. Uitblinkers op dié gebied was JP du Plessis wat eerste geeïndig het in die Junior-mansafdeling, en Van Zyl Steyn (o.16) wat tweede geeïndig het in die Jeug-mansafdeling.
JP du Plessis, 1ste posisie WC XCO Junior-mansafdeling _ Middel
Van Zyl Steyn, 2de posisie WC XCO Jeug-mansafdeling_ regs
Waterpolo:Paul Roos Gimnasium se B-, C- en D-waterpolospanne het op 24 en 25 Februarie teen Wynberg Hoërskool gekompeteer en 9 uit 10 van dié wedstryde teen Wynberg gewen.










