Suksesvolle atletiekseisoen vir Laerskool Boerefort
ADVERTISEMENT
Laerskool Boerefort se atlete het besonders goed presteer tydens die 2023 atletiekseisoen en 7 atlete het deurgedring na die Distriksbyeenkoms. Twee atlete het gekwalifiseer om deel te neem aan die Gauteng Provinsiale Atletiek Kampioenskappe. Laerskool Boerefort spog graag met ‘n foto van een van dié twee atlete, Marnus Grobler, tydens die Gauteng-Noord kleure oorhandigingsgeleentheid. Hy en nog ‘n atleet, Jannie Smit, het op 27 Februarie Gauteng-Noord Distrikskleure verwerf.
Laerskool Boerefort se kleiner leerdergetalle laat hulle nie terugstaan met prestasie op die sportveld nie en laat hulle meedingende groter skole in die stof byt.

Marnus









