Hoërskool Koffiefontein skitter met Internasionale STEM oorwinning
ADVERTISEMENT
Hoërskool Koffiefontein is ongelooflik trots om aan te kondig dat Koffiefontein Combined Skool die Learning Sectors High School Collaboration Trophy gewen het in die British Council en F1 Learning Sector STEM Challenge!
Meer as 11 000 leerders uit vyf lande het aan hierdie internasionale kompetisie deelgeneem, wat hierdie prestasie nog meer besonders maak.
Van ’n klein skool in die hart van die Vrystaat, Suid-Afrika, het ons leerders bewys dat passie, spanwerk en innovasie enige grens kan oorkom. Hulle toewyding, kreatiwiteit en samewerking het werklik vrugte afgewerp.
Hierdie oorwinning wys dat groot drome uit klein plekke kan kom. Ons is ongelooflik trots op ons leerders wat Koffiefontein Combined Skool en Suid-Afrika met trots op die wêreldverhoog verteenwoordig het.
Baie geluk aan elke leerder wat betrokke was julle harde werk en deursettingsvermoë het geskiedenis vir ons skool gemaak!









