Hoërskool Stellenbosch leerder lewer puik vertoning tussen sterk kompetisie
ADVERTISEMENT
Minette Steenkamp leerder van Hoërskool Stellenbosch het van 30 Julie tot 1 Augustus 2026 aan die Lutzville-landbouskou deelgeneem. Die kompetisie was besonder sterk met gemiddeld 12 tot 16 perde per klas. Slegs die top vyf deelnemers in elke klas is geplaas.
Minette het met twee perde, Poco en Misha, deelgeneem en die volgende uitslae behaal
Poco
- Beste Driegang Plesierperd oor 14.3 hand hoog – 5de plek
- Kampioen Driegang Ruiter (0–18 jaar) – 5de plek
- Beste Stapruiter (18 jaar en jonger) – 4de plek
- Beste Galopruiter (18 jaar en jonger) – 3de plek
- Skouspring: Pole on the Ground – 2de plek
Misha
- Driegang Kinderruiter (14–18 jaar) – 5de plek
- Kampioen Driegang Ruiter – 4de plek
- In Hand Skou: Beste Geboude Hings/Merrie/Reun – 2de plek
- Skouspring (40/50 cm) – 3de plek
Baie geluk, Minette!













