Hoërskool Rob Ferreira swemmers neem deel aan die SA Vlak3 Streekskampioenskap
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die volgende Hoërskool Rob Ferreira -swemmers wat die geleentheid gehad het om aan die gesogte SA Vlak 3 Streekskampioenskap deel te neem – ’n prestasie wat harde werk, deursettingsvermoë en ware toewyding vereis. Julle het nie net die skool met trots verteenwoordig nie, maar ook julle talent en dissipline op ’n hoë vlak gewys. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle en sien uit na nog vele prestasies in die toekoms!












